019. Blikbekers (Lasergravering)

R65.00

Boeretroos Blikbekers

Laser gegraveerde emalje blikbekers met unieke, pittige sêgoed.

Vir honderde jare reeds drink Suid Afrikaners koffie uit blikbekers uit. Dis feitlik kultuur. Soos melktert. En koeksisters. En Antie Stienie se melkkos. En bobotie. Beskuit lyk ook sommer net gelukkiger as hulle besef jy gaan hulle in Boeretroos doop wat in ‘n blikbeker gemaak is. Jan Rof se blikbekers met sy reeks pittige sêgoed maak die hele ervaring net nog lekkerder, want dit laat mense glimlag.

Let asseblief daarop dat pryse vir bekers soos vermeld geld vir lasergrafering slegs aan die een kant van die beker soos per die fotos. Indien die vereiste is vir addisionele grafering aan beide kante word ‘n R5 fooi per beker addisioneel gevra omrede dit dubbel die tyd neem. Vir sulke gevalle kontak ons asseblief direk by sales@cdsbrands.com met u navraag en vereistes waarna ‘n faktuur aan u gestuur sal word per e-pos.

Dis ‘n gewone blikbeker – die rante is dus nooit heeltemal perfek nie. Die doel van ‘n blikbeker is juis nie ‘n perfekte beker nie. Hy moet bietjie karakter hê. As jy ‘n meer perfekte beker in gedagte het met baie hoër gehalte emalje en ‘n rant wat geen onvolmaakthede in het nie, is die subliminasiebekers dalk eerder vir jou. Verseker heelwat duurder, maar dis ook nie meer net ‘n alledaagse blikbeker nie.

HOE GAAN JY TE WERK – kies ‘n gesegde uit die dropdown menu en Add To Cart. Kies dan die volgende een en Add To Cart en doe zo voort todat jy alles bygevoeg het wat jy soek. Dan volg jy die CHECKOUT skakel op die Shopping Cart en volg bloot die stappe.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Nota – As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Gun asseblief +-10 – 15 werksdae na bestelling vir bekers. Beurtkrag het ongelukkig ‘n impak op die produksie van die bekers.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

SKU: N/A Category: