Boeretroos Warm Sjokolade Geskenkkassie

R295.00

Jy spaar geld deur ‘n geskenkkas kombinasie te koop!

Hierdie Warm Sjokolade Geskenkkassie bestaan uit:

1 x Boeretroos geskenk kassie (Hout, met laser gesny en gegrafeer)
1 x Jan Rof se Boeretroos warm sjokolade (500g pak)
2 x Boeretroos blikbekers

Nie almal hou so baie van koffie nie. Hulle verkies dalk iets effe soeter. Jan verstaan, solank dit nie tee is nie. Bederf hulle, of jouself, dan met Jan Rof se Warm Sjokolade.

Die kassies kan ook gebruik word om goed in te bêre as jy wil. Visvangoed, braaigoed, tv afstandbeheerders, speserye en dies meer. En nog Boeretroos – Jan noem dit maar net.

Moet net nie tee daarin bêre nie. Dis verregaande. Die kassies word hoeka ontwerp om hulleself te vernietig as jy tee daarin stoor. (Geen kinders, honde, katte, goudvisse of budgies is beseer tydens hierdie toetse nie.)

Jan Rof se warm sjokolade is so lekker dat jy dit gaan moet wegsteek om te keer dat ander mense dit opdink agter jou rug.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Nota – As jy verkies om die bekers meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Gun asseblief +- 7 werksdae na bestelling.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

Clear
SKU: N/A Category: