Drink koffie soos vamelewe se tyd – in ‘n pot op die vuur of stoof en brou jou gunsteling Boeretroos deur jou flennie sak!
032. Flenniesak + 400g Boeretroos Kombinasie
R215.00
Drink koffie soos vamelewe se tyd – in ‘n pot op die vuur of stoof en brou jou gunsteling Boeretroos deur jou flennie sak!
BEPERKTE VOORRAAD FLENNIESAKKE – AANBOD SOLANK VOORRAAD HOU
Kombineer dit met 1 x 400g sak van Jan Rof se Boeretroos koffie en spaar geld.
- Keuse tussen bone of klaar gemaal.
- Keuse tussen donker en medium gerooster.
- Jan Rof se Boeretroos word vars gerooster per bestelling.
- Jan Rof se Boeretroos is nie kitskoffie nie, dis varsgeroosterde moer koffie. En moer lekker koffie ook.
- Gun asseblief +-7 tot 10 werksdae na bestelling
- Jan Rof se produkte word gelewer na ontvangs van betaling.
- Die skoonmaak van die sakkie is belangrik – ons stel dus die volgende riglyne voor.
- Na elke gebruik was hom mooi skoon met louwarm water om seker te maak jy kry al die gebruikte koffiemoer uit. Baie belangrik!
- As jy hom baie gaan gebruik kan jy hom weer in die ketel of pot waarin jy koffie maak laat staan of elders stoor.
- As jy hom nie gereeld gaan gebruik nie is dit waarskynlik beter om hom of effe klam te hou en in ‘n seëlbare plastieksak in die yskas te bêre
- As jy hom baie min gaan gebruik kan jy hom selfs laat droog en dan in ‘n seëlbare plastieksak in die vrieskas hou. Dan “ontvries” jy hom vir gebruik deur effe warm water oor hom te spoel.
GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).
DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.
MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!