020. Jan Rof Moerse Beker

R110.00

Die Moerse Beker vat 600ml koffie!

Vir daai groot dors. Jy kan brannas ook ingooi, hy kan dit hanteer. Die manne langs die viswater gaan dink jy is verskriklik lief vir koffie maar Mammie gaan jou moer as jy by die huis uit Pietman se bakkie val. Veral as jy nie eers een vis gevang het nie. Jy is gewaarsku! Moet net nie tee ingooi nie. Hou vir jou in, jy is beter as dit.

Laser gegraveerde emalje blikbekers met unieke, pittige s?goed.
10cm radius x 10cm hoog.

Sien op die meegaande fotos hoe hy vergelyk met die ander bekers in Jan Rof se reekse.

Dis vir die groot dors. Dit werk ook uitstekend as jy in die woestyn verdwaal, maar net as jy onthou om drinkgoed byderhand te h?. Voorts kan jy hom straks as ‘n klein sambreeltjie gebruik,maar onthou om hom onderstebo te hou anders word hy te swaar van al die water.

Moenie tee in hom gooi nie. Dan roes hy dalk.

En steek hom weg want as jy weer sien plant jou vrou dahlias in hom!!

Let asseblief daarop dat pryse vir bekers soos vermeld geld vir lasergrafering slegs aan die een kant van die beker soos per die fotos. Indien die vereiste is vir addisionele grafering aan beide kante word ‘n R5 fooi per beker addisioneel gevra omrede dit dubbel die tyd neem. Vir sulke gevalle kontak ons asseblief direk by sales@cdsbrands.com met u navraag en vereistes waarna ‘n faktuur aan u gestuur sal word per e-pos.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Nota – As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met Jan Rof se gesig, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Gun asseblief +-10 – 15 werksdae na bestelling vir bekers. Beurtkrag het ongelukkig ‘n impak op die produksie van die bekers.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

SKU: N/A Category: