Die blikbeker soos ons hom in die volksmond ken is mos maar op sy eie iets wat Suid Afrikaners ken en lief. Dis deel van ons soos melktert en koeksisters. En goeie koffie.
Maar op ‘n stadium het blikbekers, soos alles mos maar, hulle eie ewolusie begin. Dit het beteken dat die blikbeker verander het in tipies die tipe beker wat Jan Rof verkoop as die Bakgat beker, wat ‘n emaljebeker is want dit raak vrek moeilik om te dink dis blikbekers daardie. DIe kwaliteit is net eenvoudig so fantasties.
Maar toe gaan hule ‘n stap verder en skep hierdie bekers – die Boepensbeker.
Hier gaan jy stry dat dit onder geen omstadighede hulle lewe begin het as blikbekers nie. As jy ‘n Boepensbeker in jou hand vat val jou mond so wyd oop dat toeskouers waarskynlik tot in jou mangels kan sien. Dis geen grap nie – die een ding wat elke liewe koper van hierdie bekers nog mee teruggekom het is dat hulle amper absurd verlief is op die kwaliteit van die produk. Dit is, om die heel minste te sê, uitstaande. Hy is selfs swaarder as die Bakgat bekers, soveel emalje en lae verf word gebruik om te verseker die eindproduk is in ‘n klas van sy eie.
Ontmoet die Boepens Emaljebeker.
Elke beker weeg tussen 170 en 180 gram. Vergelyk dit met die 85 gram vir die standaard blikbeker en 125 gram vir die Langgat blikbeker. Die emaljeverf is van hoogstaande gehalte, en elke beker kom alreeds by ons uit in sy eie verpakking.
Dis ‘n 8cm radius beker.
Afleweringstye kan beïnvloed word deur beskikbaarheid van kleurbekers vanaf die verskaffers. Ons poog sover moontlik om seker te maak van beskikbaarheid maar het nie beheer oor die verkope by die verskaffer nie. Gun +-7 werksdae vir bekers om gegrafeer te word, verpak en dan versend te word, alhoewel ons uiteraard druk om dit vinniger te probeer doen. Dit mag ook gebeur dat van die kleure by tye nie beskikbaar is nie – ons poog sover moontlik om aan te dui indien die verskaffers ons vooraf dienooreenkomstig inlig, wat nie altyd gebeur nie.
Die grafering word met lasermasjiene gedoen so dit was nie af nie. Op van die bekers vertoon dit swart en op ander weer ‘n ligter of donkerder grys.
Be the first to review “Jan Rof se Boepens Emaljebekers”
You must be logged in to post a review.