022. Jan Rof se Espresso Blikbekers
Laser gegraveerde emalje blikbekers met unieke, pittige sêgoed
Jan Rof se reeks espresso blikbekers is min of meer die helfte van die standaard bekers se grootte en is ideaal vir kinders (dalk nou nie die met vloekwoorde op nie), espresso of selfs daai sjerrie wat jy tydens jou laaste vakansie in die Kaap gekoop het.
Werk ook goed as jy bietjies bietjies koffie meer gereeld drink, amper asof jy goed gemanierd is.
Kleur is as ‘n norm geel, maar dit mag van tyd tot tyd gebeur dat slegs ander kleure beskikbaar is.
As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.
Let asseblief daarop dat pryse vir bekers soos vermeld geld vir lasergrafering slegs aan die een kant van die beker soos per die fotos. Indien die vereiste is vir addisionele grafering aan beide kante word ‘n R5 fooi per beker addisioneel gevra omrede dit dubbel die tyd neem. Vir sulke gevalle kontak ons asseblief direk by sales@cdsbrands.com met u navraag en vereistes waarna ‘n faktuur aan u gestuur sal word per e-pos.
HET JY GEWEET – Jan Rof se supervarsgeroosterde Boeretroos proe selfs beter uit hierdie bekers uit! Vat gerus bietjie koffie saam en probeer dit.
GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).
DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.
MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!
Gun asseblief +-10 – 15 werksdae vir bekers. Beurtkrag het ongelukkig ‘n impak op die produksie van die bekers..
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.
Be the first to review “022. Jan Rof se Espresso Blikbekers”
You must be logged in to post a review.