Jan Rof se Sharrup Langgat bekers

R100.00

Jan Rof se Sharrup blikbekers se geskiedenis is nou welbekend onder Suid Afrikaners. Nie net het die uitering van hierdie woord in die vorm van ‘n vurige dog misplaaste bevel die naam Ian Cameron op letterlik almal se lippe gekry nie, dit het ook die term in die volksmond van die hele land vasgesement en verseker dat dit vir baie lank nog as grappende inwerpsel in gesprekke gebruik gaan word.

Jan Rof het onlangs vir Ian verras met een van sy immergewilde Langgat bekers met hierdie woord op. Al wat Jan kan noem is dat die nuwe eienaar van daardie beker baie in sy noppies is, soos die foto getuig. Humor is tog so belangrik, en in vandag se tye meer as ooit. So dis goed om ‘n standpunt te maak, en selfs beter as jy, nieteenstaande jou erns daaroor, tog nog kan glimlag in die proses.

Beskikbaar in die standaard bikbeker sowel as die uiters gewilde Langgat blikbeker. Sien die Langgat bekers elders op die aanlynwinkel om die kleure te besigtig – Wit, Blou en Rooi. Die finale bewoording soos ooreengekom met Ian sal wees “Sharrup”.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Gun asseblief +-12 werksdae na bestelling.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

Clear
SKU: N/A Category: