018. Langgat Boeretroos Blikbekers

R120.00

Jan Rof se Langgat blikbekers.

As jy hou van langerige goed is die vir jou. Jy weet, soos ‘n lekker lang koffie. Jy kan ook ‘n lekker lang brannas ingooi en dan heel voorbeeldig lyk terwyl jy lekker gekletter raak. Dan kan jy vir die Uber bestuurder vertel hoe hard daai koffie jou geklap het. Maar dis heel beste is om vir jou ‘n paar pakke van Jan Rof se Boeretroos ook te bestel en dit uit jou nuwe Langgat bekers te drink.

Let asseblief daarop dat pryse vir bekers soos vermeld geld vir lasergrafering slegs aan die een kant van die beker soos per die fotos. Indien die vereiste is vir addisionele grafering aan beide kante word ‘n R5 fooi per beker addisioneel gevra omrede dit dubbel die tyd neem. Vir sulke gevalle kontak ons asseblief direk by sales@cdsbrands.com met u navraag en vereistes waarna ‘n faktuur aan u gestuur sal word per e-pos.

HET JY GEWEET – Jan Rof se supervarsgeroosterde Boeretroos proe selfs beter uit hierdie bekers uit! Vat gerus bietjie koffie saam en probeer dit.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Laser gegraveerde emalje blikbekers met unieke, pittige sêgoed

As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Die gewone (Kortgat) bekers:
7cm hoog
8cm radius
80 – 90 gram gewig
R60 stuk, gegrafeer
Die Langgat beker:
11cm hoog
7cm radius
150 – 160g gewig
R100 stuk, gegrafeer
Sover in wit en rooi beskikbaar. Op die rooi beker vertoon die laser grafering grys.
Afleweringstye kan beinvloed word deur beskikbaarheid van kleurbekers vanaf die verskaffers. Ons poog sover moontlik om seker te maak van beskikbaarheid maar het nie beheer oor die verkope by die verskaffer nie. Gun +-15 werksdae vir bekers om gegrafeer te word, verpak en dan versend te word.

Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

LET OP – die werk word met ‘n lasermasjien gegrafeer. Dit brand deur die emalje tot op die bekers se onderlaag, is dus permanent maar die kleur van die grafering hang af van die kleur van die onderlae wat die fabriek gebruik waar dit vervaardig word, ons het nie beheer daaroor nie. Dit mag dus verskil tussen verskillende kleure bekers.

SKU: N/A Category: