Tee Se DInges Kombinasie
045. Tee Se Dinges Kombinasie
R210.00
Hierdie staatmaker kombinasie bestaan uit:
1 x Jan Rof se Boeretroos sakke koffie, 250g – bone of gemaal, medium of donker gerooster
2 x Jan Rof gewone blikbekersbekers, laser gegraveer sodat dit lank kan hou.
Ideale geskenke vir mense vir wie jy omgee. Jouself ingesluit.
Let asseblief daarop dat pryse vir bekers soos vermeld geld vir lasergrafering slegs aan die een kant van die beker soos per die fotos. Indien die vereiste is vir addisionele grafering aan beide kante word ‘n R5 fooi per beker addisioneel gevra omrede dit dubbel die tyd neem. Vir sulke gevalle kontak ons asseblief direk by sales@cdsbrands.com met u navraag en vereistes waarna ‘n faktuur aan u gestuur sal word per e-pos.
GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).
DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.
MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!
Vat hom vas, want tee se hele ou dinges!
Jan Rof se Boeretroos word vars gerooster per bestelling.
Jan Rof se Boeretroos is nie kitskoffie nie, dis moer koffie.
En moer lekker koffie boonop.
As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.
Gun asseblief +-10 – 15 werksdae vir bekers. Beurtkrag het ongelukkig ‘n impak op die produksie van die bekers..
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.