*** BEPERKTE VOORRADE : BESTEL VOOR DIE KAKIES ALLES KOM VAT ***

Die Perfekte Geskenk Vir Die Perfekte Pa, Ma, Oupa, Ouma, Man, Vrou, Seun, Dogter, Broer, Suster, Swaer, Skoon Suster, Skoon Pa, Skoon Ma, Neef, Niggie, Klein Neef, Klein Niggie, Vriend, Vriendin, Kollega of Jouself....

Houtkissie PLUS Twee Bekers PLUS Koffie

Beindruk Jou Vriende En Familie!

Sluit In : Houtkissie PLUS Twee Bekers PLUS Koffie

Die Tonteldoos

Vir die Voortrekkers was vuur lewensnoodsaaklik.  Hulle moes vuur in ‘n japtrap aanmekaar slaan want hulle het dit nodig gehad om hulle BOERETROOS mee te kook.  Dis waarom die Tonteldoos so belangrik was.  Amper so belangrik as BOERETROOS.

Vandag het ons blitz en “lighters”.  Maar ons het besluit die “Tonteldoos” kan nou gebruik word om nog steeds jou kosbaarhede te beskerm.  In die geval jou BOERETROOS koffie en bekers.

Dis ‘n moer mooi houtkissie met ‘n klippie en mooi randjie patroon.  En hy is so prakties! Bo en behalwe vir die berging van jou BOERETROOS kan hy ook gebruik word vir die stoor van sleutels, TV “remotes”, selfoon kabels, lekkergoed (veral tjoklits), sneesdoekies en veel meer.

Belangrik egter ; dis NIE AAN TE BEVEEL VIR TEE NIE.  Moenie tee daarin stoor nie.  Tee is sleg vir jou en vir jou kissie.  Sit liewers BOERETROOS daarin.

Die Bekers

Blikbeker. Soos dit hoort. Vir die boer in jou. Twee x 250ml blikbekers met een van ons ontwerpe ingraveer, so dit sal nie afwas nie. Reg vir die skottelgoed wasser (en die skottelgoed wasser).

Kies uit Tee Se Moer, 100% Koffie Snob, Fokof Ek Het Genoeg Vriende en meer.

Hierdie is MOET hê bekers vir die boer wat nie genoeg koffie kan kry nie en sy kaffein nodig het. Die beker wat elke koffiedrinker MOET Hê!

Die Koffie

Want jy is ONBESKAAMD BOER. Daarom benodig jy ONBESKAAMD KOFFIE. Boeretroos – die beste koffie wat jy kan drink.

‘n Unieke, aromatiese vermenging van Ethiopiese-, Kolombiaanse-, en Brasiliaanse koffiebone wat jou sal laat smag na meer.

Hierdie unieke vermengsel van 3 bone is vir die wat 100% Onbeskaamd Boer is, ge-inspireer deur die pioniers van Suid Afrika, om jou dag te begin met die lekker smaak van BOERETROOS koffie.

Jy kry een van die lekkerste koffies ooit in medium of donker rooster, jou keuse!

Gelewer direk aan jou in ons gerieflike, higiëniese koffiesak met klep om die vars smaak in te hou.

Beskikbaar in heel bone (sodat jy self kan maal) of vars gemaal vir jou. Jy gaan terugkom vir nog!

Wat Seg Die Mense

Mense.. Mag ek add… Hierdie is moer lekker koffie

Paul Bester

Hey ouboet

Just got my coffee mug today! Man thank you very much!! It’s awesome!!

Arnie Kroezen

“Ek wou jou al oor die naweek gesê het baie baie dankie, ek het hom defintief geshare en ‘n klomp comments gekry! Die mense is rerig ernstig mal oor die koffie, dis ongelooflik lekker!”

Vespetti Restaurant

Woorde kan nie die boeretroos beskryf! Dis ongelooflik! Beste vir n gastehuis koffie sal beslis n rede wees om terug te kom! Dankie vir julle uitstekende diens en ongelooflike boeretroos.

Chantel

Hi Deon, baie lekker om jou te ontmoet! Jou koffie baie geniet vanaand en sien uit na jou Koppies. Baie snaaks en great designs

Nico Van Der Merwe

Dankie Deon! Ek het jou pakkie gekry. Die bekers lyk goed. Dankie vir die twee ekstra bekers en dankie ook vir die koffiebone. Ons gaan hulle beslis geniet!

Lekker dag verder.

Ben

Nie net Besonderse goeie koffie maar puik diens wat daarmee gepaard gaan! Ek sal die Boeretroos vir enige iemand aan beveel wat erstig is oor besonderse lekker koffie 

As jy dit eers geproe het sal jy niks anders as Boeretroos wil drink nie.

Vanessa

Beter beste,sonder n goeie boeretroos in die oggend, werk glad nie vir my nie.

Gerrie

Deur Beroemdes Aanbeveel

“Kry Hierdie Tonteldoos, Dis Moer Lekker Koffie En Die Kissie Is Handig Vir Allerhande Gebruike…

Net Nie Om Tee In Te Stoor Nie. Nee, Nooit Tee Nie” – Paul Kruger

Kry Die Ongelooflike Aanbieding HIERONDER

# Een houtkissie Tonteldoos TER WAARDE VAN R160

# Met Boeretroos laser gravering VAN ONSKATBARE WAARDE

# Een Pak Boeretroos Koffie (medium of donker gerooster) TER WAARDE VAN R85

# Twee Blikbekers Met Gesegde Van Jou Keuse TER WAARDE VAN R110

Totale waarde van R355 – Vandag Slegs R315, Spaar R40!

(Sluit in Ons 30 Dae, 120% Geld Terug Waarborg)