Coffee
Coffee
Boeretroos
Boeretroos
Boeretroos
Uncategorized
Boeretroos
Boeretroos
Boeretroos
Boeretroos
Filters
Plungers
Uncategorized
Uncategorized
Combos
Combos
Combos
Combos
T-shirt Heavy Duty
Caps
VERGEWIS USELF VAN DIE POPIA WETGEWING KENNISGEWING ONDERAAN DIE HOOFBLADSY
TEE SE MOER

BOERETROOS, die koffie wat jou wakker sal kry voor die haan kraai, die een wat jy drink voor jy die koeie begin melk, wat jou gereed maak om reg te korrel as die Kakies jou grond wil vat… of sommer net jou dag op die beste moontlike manier te begin.
Hierdie unieke vermengsel van 3 bone so reg uit die hartland, ge-inspireer deur die pioniers van Suid Afrika, om jou dag te begin met die lekker smaak van Jan Rof se BOERETROOS koffie.
Beskikbaar In Suid Afrika
Bekendes Drink Boeretroos

“Ik ontdekte Boeretroos met Mijn aankomst te Kaap De Goede Hoop en ik vond de smaak lekker.
Ik was zo beindruk dat ik meteens franchise in Stelenbosch gestig het.
Boeretroos was zo populair dat ik terstonds verpreiders mit wagen naar binneland versenden, geladen met egt Boeretroos.
Nou liefd den hele Volk Boeretroos en in tydelike opname heft Boeretroos nummer één ge rank voor zijn goede smaak.”
Jan van Riebeeck
“Ek was een nag as jongeling uit op ‘n leeu jag met ‘n paar ouer manne. Rondom sononder het ek te perd vooruit gegaan om kampplek te soek vir die nag.
Alles het goed gegaan totdat ek deur ‘n woud mopaniebome moes ry. Daar het dinge skeefgeloop en ek het altoos totaal rigting bedinges geraak. Ek was stoksiel alleen in die donker bos!
Ek het slegs my roer, my mes, my perd en my Boeretroos in my saalsak gehad om my deur te sien.
Die leeus het gebrul, die hïenas het gehuil, dit was donkerder as die bodem van my koffiepot, maar ek en my Boeretroos was bang vir niks.
Ek beveel Boeretroos ten sterkste aan vir enige iemand alleen in Leeu wêreld, dit gee jou moed.”
Paul Kruger



BESKIKBAAR IN MEDIUM & DONKER GEROOSTER
Jan Rof se Boeretroos word vars gerooster op bestelling. Dit is hoe jy verseker kan wees elke sluk is ‘n heerlike meesterstuk – elke keer.

WAT DIE MENSE Sê

DIE BOON
Direk vanaf die boon na die rooster aan jou!
Die smaaklike drie-boon-vermengde BOERETROOS gaan jou laat terugkom vir nog ‘n koppie, telkemale, elke dag.
Ons bring jou Suid Afrika in ‘n beker, perfek vir om die vuur, deel met vriende & familie, koue winters aande of sommer net by die werk. Spesiaal gekies en vervolmaak deur ons Koffie Meester vir die perfekte smaak en geurige aroma, ons geheime drie bone resep vir die heerlikste koffie ervaring, jy sal terugkom vir meer.
Die natuurlik-geprosesseerde bone gee ‘n soetheid aan die mengsel met ‘n vrugte suur en donker sjokolade ondertone vir ‘n baie heerlike smaak.
‘n Ongelooflike koffie wat heerlike espresso gebasseerde koffies maak. Perfek vir mense wat verslaaf is aan koffie, iets meer soek as kits koffie en wat Onbeskaamd Boer is!




DIE ROOSTER
Liefdevol gerooster deur ons Meester Rooster in ons moderne rooster fasiliteite, met outydse vakmanskap, bring ons jou die beste in vars, kwaliteit koffie.
Die heerlike smaak van BOERETROOS word sommer direk in ons unieke drie-bone-vermengsel in gerooster. Jy kry een van die lekkerste koffies ooit in medium of donker gerooster, jou keuse! Gelewer direk aan jou in ons gerieflike, higiëniese koffiesak met klep om die vars smaak in te hou.
Beskikbaar in heel bone (sodat jy self kan maal) of vars gemaal vir jou. Jy gaan terugkom vir nog!
Slaat daar ‘n lyn en gesels met ons:
076 353 9220
Stuur vir ons ‘n vonkpos:
Het jy ‘n winkel? Stel jy belang om ons wonderlike produkte te herverkoop?
Ons stuur graag vir jou die relevante informasie. Restaurante, gastehuise, koffiewinkels, teetuine, eetplekke, negosiewinkels, tabakwinkels, biltongwinkels, deli’s,
of as jy dit vir jou besigheid wil aanskaf om vir jou personeel of klante te wys hoeveel jy omgee.

Nuwe POPIA Wetgewing
Neem asseblief kennis van die volgende in terme van die POPIA wetgewing (Protection of Personal Information Act) 4 van 2013, wat amptelik geldig is vanaf 30 Junie 2021:
Administrateurs van webwerwe moet elkeen se toestemming verkry om persoonlike informasie te deel. Hierdie informasie (kontak inligting, adresse en vonkpos adres) is egter nodig ten einde aflewering van produkte wat deur die aanlynwinkel aangeskaf word te finaliseer. Ons self stoor glad nie bankbesonderhede nie aangesien kopers of elektroniese oorbetalings maak vir aankope, of van ons betalingstelsel (Payfast) gebruik maak wat betalings veilig en spoedig afhandel.
Jy kan weier om voort te gaan en sodanige inligting te voorsien deur bloot nie voort te gaan met die aankoop hier nie. Voel egter vry om ons direk te kontak sodat ons die fakturering kan doen en verskaf vir betaling. Gebruik hierdie e-pos adres – sales@cdsbrands.com
Indien jy voortgaan met die aankoop deur die aanlynwinkel word dit dus outomaties geag as toestemming vir die stoor van persoonlike inligting soos reeds vermeld. Hierdie inligting word deur ons webwerf “host” op hulle bedieners gestoor en word beskerm deur SSL oftewel Secure Sockets Layer wat die standaard tegnologie is om internet konneksies en sensitiewe data soos persoonlike inligting, te beveilig.
CDS Brands onderneem hiermee om nooit hierdie persoonlike inligting beskikbaar te maak en/of te verkoop aan enige derde partye wat nie in diens van CDS Brands is nie.