Nuwe POPIA Wetgewing

Neem asseblief kennis van die volgende in terme van die POPIA wetgewing (Protection of Personal Information Act) 4 van 2013, wat amptelik geldig is vanaf 30 Junie 2021:

Administrateurs van webwerwe  moet elkeen se toestemming verkry om persoonlike informasie te deel. Hierdie informasie (kontak inligting, adresse en vonkpos adres) is egter nodig ten einde aflewering van produkte wat deur die aanlynwinkel aangeskaf word te finaliseer. Ons self stoor glad nie bankbesonderhede nie aangesien kopers of elektroniese oorbetalings maak vir aankope, of van ons betalingstelsel (Payfast) gebruik maak wat betalings veilig en spoedig afhandel.

Jy kan weier om voort te gaan en sodanige inligting te voorsien deur bloot nie voort te gaan met die aankoop hier nie. Voel egter vry om ons direk te kontak sodat ons die fakturering kan doen en verskaf vir betaling. Gebruik hierdie e-pos adres – sales@cdsbrands.com

Indien jy voortgaan met die aankoop deur die aanlynwinkel word dit dus outomaties geag as toestemming vir die stoor van persoonlike inligting soos reeds vermeld. Hierdie inligting word deur ons webwerf “host” op hulle bedieners gestoor en word beskerm deur SSL oftewel Secure Sockets Layer wat die standaard tegnologie is om internet konneksies en sensitiewe data soos persoonlike inligting, te beveilig.

CDS Brands onderneem hiermee om nooit hierdie persoonlike inligting beskikbaar te maak en/of te verkoop aan enige derde partye wat nie in diens van CDS Brands is nie.