051. Jan Rof se Kappietoppie

R550.00

Jan Rof se Kappietoppie (Hoodie)

Alle opsies is in die “dropdown menu” ondertoe.

Kleure beskikbaar – Swart, Vlootblou. Drukwerk soos per meegaande gallery fotos
Groottes – Klein tot 5XL

KYK ONDERTOE NA DIE GROOTTE KAART TOE EN MAAK DOODSEKER OM DIE KORREKTE GROOTTE HOODIE TE KIES!

Realiteit is dat feitlik elke beskikbare maak kledingstuk in SA se groottes verskil van mekaar. As jy aanlyn koop is dit dus baie belangrik om die groottekaart te besigtig en te vergelyk met een van jou bestaande hoodies om sodoende seker te maak die grootte wat jy kies stem ooreen in terme van lengte en wydte. Dit is die beste manier om daardie paar minute ekstra te neem en moontlike teleurstelling te voorkom.

  • Katoen materiaal
  • Kappie om die kop te beskerm – of bloot net koeler as die volgende persoon te lyk
  • Sak voor vir hande, maskers, gunne, garagie pies, daai laaste stuk oorskiet braaivleis, jou foon, haar foon, die kinders se fone, die karsleutels en goeters
  • Sien die groottekaart om doodseker te maak van die korrekte groottes – meet altyd VOOR daai 4e brannas
  • Was instruksies – volg ALTYD die was instruksies op die hoodie se etiket en moenie oor die drukwerk stryk nie

Voordat jy jou klerasiestuk aanskaf, maak asseblief baie seker van die korrekte grootte om teleurstelling te voorkom.

Hoe om jou hoodie te meet en dan te vergelyk met Jan Rof se hoodies:

Sien mates op foto:
Mate 1 – wydte – gemeet oor die bors, 2 sentimeter onder die kledingstuk se armholtes
Mate 2 – lengte – gemeet van die onderkant tot by die hoogste punt van die skouer.

VAT EEN VAN JOU HOODIES OF T-HEMDE, EEN WAT LEKKER PAS, EN MEET HOM SO, EN VERGELYK DIE MATES DAN MET DIE UITEENSETTING ONDER TEN EINDE TE VERSEKER JY KIES DIE KORREKTE GROOTTE OP DIE AANLYNWINKEL

Groottes:

NOTA – elke grootte toon 2 nommers, die eerste een vir wydte (mate 1) en die tweede toon lengte (mate 2):

  • Klein – 50cm (mate 1, wydte) / 70cm (mate 2, lengte)
  • Medium – 53cm / 72cm
  • Groot – 56cm / 74cm
  • X-Groot – 59cm / 76cm
  • 2X-Groot – 62cm / 78cm
  • 3X-Groot – 65cm / 80cm
  • 4X-Groot – 68cm / 82cm
  • 5X-Groot – 71cm / 84cm

Vervaardiger Toleransies:

+-2 sentimeter wydte en lengte
Potensieël 5% tot 8% krimping na eerste was – volg altyd die was instruksies

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

Gun asseblief +-7 werksdae na bestelling en betaling
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

 

 

 

SKU: N/A Category: