028. Boeretroos Emaljebekers (subliminasie drukwerk)

R120.00

Boeretroos Emaljebekers

Subliminasie metode emalje blikbekers met unieke, pittige sêgoed.

Anders as die lasergrafeer metode is sublimasie ‘n digitale drukmetode wat hitte en hoë druk gebruik om ink op verskeie materiale oor te dra. Emaljebekers in die geval. Die voordeel wat dit het bo lasergrafering is dat kleure hier gebruik kan word. Lasergrafering kan nie in kleure gedoen word nie. DIt is egter ‘n heelwat duurder metode as lasergrafering.

Hierdie bekers is ook van hoër kwaliteit as die standaard blikbekers. Meer lae emalje, en as ‘n norm is die rant silwer en bevat geen letsels soos wat gereeld, en tipies, op blikbekers gesien word nie.

As jy jou pittige Jan Rof koffiebekers uitdeel vir jou gaste gaan jy hulle verseker aan die praat kry.

HOE GAAN JY TE WERK – kies ‘n gesegde uit die dropdown menu en Add To Cart. Kies dan die volgende een en Add To Cart en doe zo voort todat jy alles bygevoeg het wat jy soek. Dan volg jy die CHECKOUT skakel op die Shopping Cart en volg bloot die stappe.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Nota – As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Gun asseblief +-10 – 15 werksdae na bestelling vir bekers. Beurtkrag het ongelukkig ‘n impak op die produksie van die bekers.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

SKU: N/A Category: