050. Jan Rof Unisex T-Hemde

R260.00

Jan Rof Unisex T-Hemp

Maak ASSEBLIEF gebruik van die groottekaart verder ondertoe – neem 2 minute ekstra, doen die meet oefening, vergelyk dit hier met ons hemp groottes, en maak seker jy bestel jou hemde in die korrekte groottes.

Sien opsies is in die “dropdown menu” ondertoe.

Kleure beskikbaar – Swart, Olyfgroen, Vlootblou, Wit. Drukwerk soos per meegaande gallery fotos
Groottes – Klein tot 5XL
NEEM KENNIS – 4XL en 5XL hemde is slegs in Wit, Swart en Vlootblou beskikbaar, nie Olyfgroen nie. 

KYK ONDERTOE NA DIE GROOTTE KAART TOE EN MAAK DOODSEKER OM DIE KORREKTE GROOTTE HEMP TE KIES!

Realiteit is dat feitlik elke beskikbare maak hemp in SA se groottes verskil van mekaar. As jy aanlyn koop is dit dus baie belangrik om die groottekaart te besigtig en te vergelyk met een van jou bestaande t-hemde om sodoende seker te maak die grootte wat jy kies stem ooreen in terme van lengte en wydte. Dit is die beste manier om daardie paar minute ekstra te neem en moontlike teleurstelling te voorkom.

  • Jan Rof verkoop slegs die sogenaamde swaardiens (heavy duty) t-hemde van 180gm. Die kwaliteit is dus uitstaande
  • Die t-hemde is 100% gekartelde katoen met die ronde nek (crew neck)
  • Die t-hemde het nie sakkie nie – dis hoekom jy ‘n broek saam met hom behoort te dra as jy gaan uiteet of braai by mense
  • Die hemde maak jou letterlik so koel soos die laaste ys in jou glas brannas
  • Mense wat jy van geen kant af ken nie mag heel moontlik naderstap om na jou hemp te kom kyk
  • Verwys hulle dadelik na Jan se aanlynwinkel – hoe meer mense koel kan begin raak hoe beter vir aardverwarming – dis jou goeie daad vir die dag – dankie
  • Moenie te bakarm stap as jy een van Jan Rof se t-hemde dra nie, druk eerder een hand in jou sak en hou jou girl vas met die ander hand – dit lyk net koeler
  • Lugrederye mag jou dalk vir ‘n ekstra sitplek wil laat betaal omdat hulle moerse jaloers is op jou hemp – maak net of jy hulle nie hoor nie. En verwys hulle na die aanlynwinkel…. jy ken mos al die storie
  • Stuur vir Jan ‘n foto van jou met jou nuwe hemp sodat ons saam kan spog met jou op sosiale media
  • Sien die groottekaart om doodseker te maak van die korrekte groottes – meet hom VOOR die braai. Almal weet as jy na die braai eers meet gaan foute oogfoute insluip
  • Was instruksies – volg ALTYD die was instruksies op hemp se etiket en moenie oor die drukwerk stryk nie

Voordat jy jou klerasiestuk aanskaf, maak asseblief baie seker van die korrekte grootte om teleurstelling te voorkom.

Hoe om jou t-hemp te meet en dan te vergelyk met Jan Rof se hemde:

Sien mates op foto:
Mate 1 – wydte – gemeet oor die bors, 2 sentimeter onder die hemp se armholtes
Mate 2 – lengte – gemeet van die onderkant tot by die hoogste punt van die skouer.

VAT EEN VAN JOU T-HEMDE, EEN WAT LEKKER PAS, EN MEET HOM SO, EN VERGELYK DIE MATES DAN MET DIE UITEENSETTING ONDER TEN EINDE TE VERSEKER JY KIES DIE KORREKTE GROOTTE OP DIE AANLYNWINKEL

1. Unisex t-hemde (mans sowel as vroue kan hulle dra – gebasseer op mans groottes)

NOTA – elke grootte toon 2 nommers, die eerste een vir wydte (mate 1) en die tweede toon lengte (mate 2):

  • Klein – 50cm (mate 1, wydte) / 70cm (mate 2, lengte)
  • Medium – 53cm / 72cm
  • Groot – 56cm / 74cm
  • X-Groot – 59cm / 76cm
  • 2X-Groot – 62cm / 78cm
  • 3X-Groot – 65cm / 80cm
  • 4X-Groot – 68cm / 82cm
  • 5X-Groot – 71cm / 84cm

Vervaardiger Toleransies:

+-2 sentimeter wydte en lengte
Potensieël 5% tot 8% krimping na eerste was – volg altyd die was instruksies

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

Gun asseblief +-7 werksdae na bestelling en betaling
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

4XL en 5XL hemde is slegs in Swart en Vlootblou en WIt beskikbaar. Nie Olyfgroen nie.
Wit hemp – Swart drukwerk
Ander kleur hemde – wit drukwerk

SKU: N/A Category: