Gewaarborg om jou lekker diep te laat slaap.
005. Jan Rof Decaf Boeretroos
R90.00
Jan Rof se Decaf Boeretroos
Al spot Jan so lekker met dit, maak hy tog ‘n vreeslike lekker decaf koffie vir diegene wat hulle beker troos verkies sonder die oemf.
Mediese redes, swanger mammas, mense wat van pienk drankies hou en hulle bier met koeldrank meng, of mense wat graag ‘n laaste skaftien wil wegslaan voor slapenstyd en dan op en af hardloop voor Droomland se hek en probeer onthou wat die slot se kode is om daar in te kom. jan Rof sorg hiermee vir julle behoeftes ook.
Dis ‘n plesier.
- 250g pakke – bone of ons kan hom vir jou maal
- Gewaarborg om jou lekker te laat slaap
- Decaf espresso maak jou nie wakker in die oggende nie, dit maak net jou keel nat
- Dit proe darem fantasties
- Jan Rof se Boeretroos word vars gerooster wannneer jy bestel
- Jan Rof se Boeretroos is nie kitskoffie nie, dis moer koffie. En moer lekker koffie ook
- Gun asseblief +-3 werksdae na bestelling vir koffie lewering
- Jan Rof se produkte word gelewer na ontvangs van betaling.
GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).
DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.
MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!