Roostery gesluit tussen Kersfees en Nuwejaar.
Laaste koffie bestellings vir 2023 – Vrydag 15 Desember
Laaste bekers, pette ens bestellings vir 2023 – Maandag 11 Desember
Roostery weer oop vir bestellings vanaf 3 Januarie 2024

Sale!

VERGEWIS USELF VAN DIE POPIA WETGEWING KENNISGEWING ONDERAAN DIE HOOFBLADSY

TEE SE MOER

100% LEKKER KOFFIE

BOERETROOS,  die koffie wat jou wakker sal kry voor die haan kraai, die een wat jy drink voor jy die koeie begin melk, wat jou gereed maak om reg te korrel as die Kakies jou grond wil vat… of sommer net jou dag op die beste moontlike manier te begin.

Hierdie unieke vermengsel van 3 bone so reg uit die hartland, ge-inspireer deur die pioniers van Suid Afrika, om jou dag te begin met die lekker smaak van Jan Rof se BOERETROOS koffie.

Beskikbaar In Suid Afrika

Bekendes Drink Boeretroos

“Ik ontdekte Boeretroos met Mijn aankomst te Kaap De Goede Hoop en ik vond de smaak lekker.

Ik was zo beindruk dat ik meteens franchise in Stelenbosch gestig het.

Boeretroos was zo populair dat ik terstonds verpreiders mit wagen naar binneland versenden, geladen met egt Boeretroos.

Nou liefd den hele Volk Boeretroos en in tydelike opname heft Boeretroos  nummer één ge rank voor zijn goede smaak.”

Jan van Riebeeck

“Ek was een nag as jongeling uit op ‘n leeu jag met ‘n paar ouer manne. Rondom sononder het ek te perd vooruit gegaan om kampplek te soek vir die nag.

Alles het goed gegaan totdat ek deur ‘n woud mopaniebome moes ry. Daar het dinge skeefgeloop en ek het altoos totaal rigting bedinges geraak. Ek was stoksiel alleen in die donker bos!

Ek het slegs my roer, my mes, my perd en my Boeretroos in my saalsak gehad om my deur te sien.

Die leeus het gebrul, die hïenas het gehuil, dit was donkerder as die bodem van my koffiepot, maar ek en my Boeretroos was bang vir niks.

Ek beveel Boeretroos ten sterkste aan vir enige iemand alleen in Leeu wêreld, dit gee jou moed.”

Paul Kruger

BESKIKBAAR IN MEDIUM & DONKER GEROOSTER

Jan Rof se Boeretroos word vars gerooster op bestelling. Dit is hoe jy verseker kan wees elke sluk is ‘n heerlike meesterstuk – elke keer.

WAT DIE MENSE Sê

“Aan die Boeretroos span.

WOW x 1000 keer. Julle diens en koffie is uitstaande. Ons was in die begin baie skepties om nuwe koffie bone te bestel, maar julle koffie het al ons verwagtinge oortref.
Ons is baie lief vir ons koppie boeretroos en ja, julle koffie is absoluut die beste, en die ruik van vars gemaalde koffie vroeg oggend, kry vinnig my gesin uit die vere.
Riaan baie dankie vir jou flinke diens. Ons sal nie sommer weer ander koffie bestel as BOERETROOS nie, want nes jul naam dit sê, is elke beker n beker boeretroos.

Nie net gebruik ons dit vir ons eie gebruik nie maar ook op ons lodge vir ons gaste.”

Groete Yolandy en Freddie Siebert

“Hi Riaan,
100% tevrede, koffie is verby heerlik, drink hopeloos te veel.
Dankie weereens, gaan beslis weer en weer en weer by jou bestel.
Anneline

Dankie Deon! Ek het jou pakkie gekry. Die bekers lyk goed. Dankie vir die twee ekstra bekers en dankie ook vir die koffiebone. Ons gaan hulle beslis geniet!

Lekker dag verder.

Ben

Mal oor my nuwe beker!!!
Amorita Kluyts

Hi Deon, baie lekker om jou te ontmoet! Jou koffie baie geniet vanaand en sien uit na jou Koppies. Baie snaaks en great designs

Nico Van Der Merwe

Goeie More Riaan

Ek is semi teveel verlief op die koffie net na een sluk toe besef ek hierdie is my tiepe koffie 👌

Weet nie wat jy doen nie maar jy doen beslis iets reg. Dis besonderse lekker koffie! 

Groete

Vanessa

Hey ouboet

Just got my coffee mug today! Man thank you very much!! It’s awesome!!

Greatly appreciated ouboet. If you’re ever in Darwin let me know and we can meet up for a “coffee”.

Cheers

Arnie Kroezen

Mense.. Mag ek add… Hierdie is moer lekker koffie

Paul Bester

DIE BOON

Direk vanaf die boon na die rooster aan jou!

Die smaaklike drie-boon-vermengde BOERETROOS gaan jou laat terugkom vir nog ‘n koppie, telkemale, elke dag.

Ons bring jou Suid Afrika in ‘n beker, perfek vir om die vuur, deel met vriende & familie, koue winters aande of sommer net by die werk. Spesiaal gekies en vervolmaak deur ons Koffie Meester vir die perfekte smaak en geurige aroma, ons geheime drie bone resep vir die heerlikste koffie ervaring, jy sal terugkom vir meer.

Die natuurlik-geprosesseerde bone gee ‘n soetheid aan die mengsel met ‘n vrugte suur en donker sjokolade ondertone vir ‘n baie heerlike smaak.

‘n Ongelooflike koffie wat heerlike espresso gebasseerde koffies maak. Perfek vir mense wat verslaaf is aan koffie, iets meer soek as kits koffie en wat Onbeskaamd Boer is!

DIE ROOSTER

Liefdevol gerooster deur ons Meester Rooster in ons moderne rooster fasiliteite, met outydse vakmanskap, bring ons jou die beste in vars, kwaliteit koffie.

Die heerlike smaak van BOERETROOS word sommer direk in ons unieke drie-bone-vermengsel in gerooster. Jy kry een van die lekkerste koffies ooit in medium of donker gerooster, jou keuse! Gelewer direk aan jou in ons gerieflike, higiëniese koffiesak met klep om die vars smaak in te hou.

Beskikbaar in heel bone (sodat jy self kan maal) of vars gemaal vir jou. Jy gaan terugkom vir nog!

KONTAK ONS

Slaat daar ‘n lyn en gesels met ons:

076 353 9220

Stuur vir ons ‘n vonkpos:

sales@cdsbrands.com

Het jy ‘n winkel? Stel jy belang om ons wonderlike produkte te herverkoop?

sales@cdsbrands.com

Ons stuur graag vir jou die relevante informasie. Restaurante, gastehuise, koffiewinkels, teetuine, eetplekke, negosiewinkels, tabakwinkels, biltongwinkels, deli’s,
of as jy dit vir jou besigheid wil aanskaf om vir jou personeel of klante te wys hoeveel jy omgee.

    Your Name (required)

    Your Email (required)

    Subject

    Your Message

    Nuwe POPIA Wetgewing

    Neem asseblief kennis van die volgende in terme van die POPIA wetgewing (Protection of Personal Information Act) 4 van 2013, wat amptelik geldig is vanaf 30 Junie 2021:

    Administrateurs van webwerwe  moet elkeen se toestemming verkry om persoonlike informasie te deel. Hierdie informasie (kontak inligting, adresse en vonkpos adres) is egter nodig ten einde aflewering van produkte wat deur die aanlynwinkel aangeskaf word te finaliseer. Ons self stoor glad nie bankbesonderhede nie aangesien kopers of elektroniese oorbetalings maak vir aankope, of van ons betalingstelsel (Payfast) gebruik maak wat betalings veilig en spoedig afhandel.

    Jy kan weier om voort te gaan en sodanige inligting te voorsien deur bloot nie voort te gaan met die aankoop hier nie. Voel egter vry om ons direk te kontak sodat ons die fakturering kan doen en verskaf vir betaling. Gebruik hierdie e-pos adres – sales@cdsbrands.com

    Indien jy voortgaan met die aankoop deur die aanlynwinkel word dit dus outomaties geag as toestemming vir die stoor van persoonlike inligting soos reeds vermeld. Hierdie inligting word deur ons webwerf “host” op hulle bedieners gestoor en word beskerm deur SSL oftewel Secure Sockets Layer wat die standaard tegnologie is om internet konneksies en sensitiewe data soos persoonlike inligting, te beveilig.

    CDS Brands onderneem hiermee om nooit hierdie persoonlike inligting beskikbaar te maak en/of te verkoop aan enige derde partye wat nie in diens van CDS Brands is nie.